Blog Archive

Wednesday 24 July 2013

Good Morning Angels en Spar (Jacaranda FM)

In 'n tyd waar dinge vir ons so deurmekaar, wisselvalling, onstuimig en ontwrigtend is, is daar telkens 'n "engel" langs die pad.  Iemand wat as instrument in Sy grote hand optree, om ons pad gelyker te kom maak.  Die Here is die Groot Versorger, en weet presies wat ons nodig het.

Jakaranda en Spar is vir ons sulke 'engele', wat ons weer kom herinner dat God als ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet...

Dankie aan een en elke ander "engel", wat gehoorsaam aan ons Vader, vir ons bid, ondersteun, bemoedig en intree...Daar is baie dae wat die donker wolk vir ons oorweldigend raak, en ons trane soos reën uit hierdie einste wolk stroom.  Ons word kwaad vir ons omstandighede en weerligstrale word uitgestuur na ons geliefdes, ons omstandighede en ons realiteit... Maar kort voor lank is die silwer randjie daar, wat die son en die reënboog na vore bring, sodat ons ongetwyfeld weet, Hy is die alfa en omega.  En ons is okey...

http://www.jacarandafm.com/post/good-morning-angels-junelde/

No comments:

Post a Comment