Blog Archive

Tuesday 3 September 2013

'n See van Pers...











http://www.jacarandafm.co.za/post/good-morning-angels-extra-junelde/

Dankie SPAR en Jacaranda FM vir 'n ongelooflike dag, 31 Augustus - SPAR Most Beautiful Race. 'n Dag waar Juneldè met soveel liefde ontvang is, en ons geloof en hoop opnuut opgerig is.  Om soveel mense saam te sien, in hulle pers SPAR T-hemde, was oorweldigend.  Wat 'n voorreg om deel te kon wees van hierdie "most beautiful" gesig...Juneldè het met haar groot bruin oë en lang wimpers harte gesteel, en ek kon nie trotser gewees het nie, om te sien hoe my poppie ander raak en inspireer, daar is nie woorde om al hierdie emosies te beskryf nie.

Soveel celebrities sowel as doodgewone mammas soos ek, het die tyd geneem om net daar, in die VIP lounge, om Juneldè te kniel en vir haar in gebed in te tree...Wow, ons klein mense breek die skanse van pretensie af sodat ons openlike en diep gesprekke oor ons God en Redder kan hê!

Die Hoogtepunte van die dag?  Eerstens 'n Groot pienk helium flamink, wat ons meisiekind groot laat glimlag het, te pragtig hoe geamuseerd sy is met die vreemde pienk gedaante.  Tweedens 'n versierde blikkie vanaf twee lieflike klein dogtertjies, wat geldjies ingesamel het vir Juneldè en spesiaal die dag vir haar kom stap het en die blikkie saamgebring het.  Derdens 'n handgemaakte Heidi lappop wat 'n pragtige vrou met 'n nog mooier hart spesiaal vir Juneldè gemaak en saamgebring het.

Maar meer as enigiets die see van pers, wat hulle ondersteuning gewys het, wat donasies gemaak het en sms'e gestuur het, wat by die Juneldè stalletjie kom gesig wys het, omgee en meelewing gegee het.  Ons woon in 'n ongelooflike land, met 'n gemeenskap van Liefde en Geloof wat elke dag saam ons Hoop!

No comments:

Post a Comment