Blog Archive

Saturday 28 September 2013

What to do about your brain injured child? - IAHP course

"  Dear Parents,

I am honored to be writing this to you today.  My life has changed in a way that will be difficult to capture in this letter I write.  For there is much to share!

Glenn has left this human form but the proof of his years of dedication and research no one will ever do again.  Because of what he learned from all children around every continent, he found a way to know hope.

My story became a tragedy only by traditional medical standards.  My choice to return to this body was agreed upon by God and my commitment to teaching!  The teaching is emulating the belief that first and foremost, you know your child better than anyone!  And The Institutes knows this unequivocally.  Listen to your intuition.  Listen to you child not with your ears but rather with your heart and the new awareness you achive will astound you.  Your child is the most amazing person you will ever know!  And the most beneficial gift you can keep giving is to just believe!

I hope your heart shall be inspired and maybe a wee bit lighter after this course.  There are few achievements in life without great persistence!  This program is just that.  Hope, hard work, lots of joy and most of all, love...

I wish you well.  And may God bless you and your children."





Die Institutes for the achievement of Human Potential, Philladelphia, Chestnut Hill...

Hoe som mens 'n kursus op van twaalf ure per dag, in 'n yskoue lokaal vir maksimale konsentrasie, tussen 25 ander ouers wat kom vanaf 6 kontinente en 7 state, met een gedeelde faktor, 'n brein-beseerde kind.  Ek kan baie tyd spandeer om te probeer om die program met jou te deel, 65 jaar se navorsing te probeer saamvat.  Maar meer as hierdie sal dit jou ook aangryp soos vir my om te weet dat die brief waarmee ek begin het geskryf is deur 'n 8 jarige wonderwerk kind.  Toe hy twee was het hy amper verdrink, hy was vir 75 minute klinies dood, "before he and God made a deal for Him to return to this body.  To be a teacher to others..." 

Hierdie seuntjie is pragtig met sy donker bos hare, oopmond laggies en breë glimlagte.  Hy is al 6 jaar besig met 'n intensiewe program op sy "Pathway to Wellness".  Sy ouers glo steeds onvoorwaardelik in sy volkome herstel, nie omdat hulle onrealisties is nie, maar omdat hulle al vir jare elke dag die verdoemende prognose wat oor hom uitgespreek is, verkeerd bewys.  Caulum kan nie loop of praat nie, en sy lyfie maak meestal onwillekeurige bewegings met hande en arms wat 'n wil van hulle eie het.  Sy ogies is in verskillende rigtings getrek so hy hou sy  koppie skuins as hy wil fokus.  Die wêreld sal na Caulum Miller kyk en hom bejammer, terwyl hulle na hom moet kyk in bewondering.  Hy spoedlees 'n boek vinniger as wat sy ma die bladsye kan omblaai, en kan in detail vrae rondom die boek beantwoord.  Hy kommunikeer deur 'n alfabet kaart wat hy gebruik om sinne te klank waarna sy ma of pa dan uiteensit dit wat hy sê.  Hy kan plat op sy maag seil en kruip meer as 1.6km per dag.  Hy skryf die ongelooflikste gedigte, wat jou aan jou hart ruk.  Hy het begin om treë te gee terwyl hy vashou aan 'n dwarsleër wat bo-oor hom gespan word.

Maar soos wat die tweejarige beweginglose verlamde lyfie wat funksioneel blind, doof en sensories gestrem was, ses jaar later nou kan lag, kommunikeer, vinniger lees en leer as enige volwassene wat ek ken, is dit duidelik dat dit wat mens vandag sien ook nie vir altyd 'n realiteit gaan wees nie.  Saam met sy ouers glo ek ook dat hy 'n uiters produktiewe en suksesvolle lewe gaan lei, sonder enige gestremdheid of agterstand.

Ek dank die Here dat Hy ons die geleentheid gegee het om die instituut te kon besoek.  Ons het so baie geleer, ons hoop is opnuut bevestig, en ons glo meer as ooit tevore in Juneldè se volkome genesing.  Ek sal ook nooit ophou glo in God se vermoë om Juneldè oombliklik in 'n oogwink te genees nie, sou dit Sy wil wees.  Maar intussen stap ons die pad wat Hy vir ons uitgelê het, 'n pad wat verseker anders lyk as wat my mamma-hart sou wou hê of my menslikheid kan begryp...Maar die Here konfronteer my met die vraag:  As ek al die antwoorde gehad het, wat sou die nut wees van geloof, hoop en vertroue?

Ek het ook besef dat ons kinders (of hulle nou seergekry het of in die wêreld se oë normaal is) tot soveel meer in staat is as wat ons ooit sal besef.  Maar die wêreld is 'n sisteem van gemiddelde, waar ons tevrede is as ons kind net effens meer kan doen as daai gemiddeld...Ons doen hulle 'n uiterse onguns aan.  Ek heg vir jou 'n lys van boeke aan, wat alle mammas en pappas moet bestudeer, veral die leesprogram.  Jy het 'n genie in jou huis, moet nie jou kinders van die geleentheid ontneem om in 'n uitdagende lewe, die voordeel te geniet van die potensiaal wat alreeds in hulle opgesluit lê nie...

Ons het dus nou 'n "battle-plan", en ons gemaksones en paradigmas word weereens geskuif.  Wat 'n jaar van verandering, aanpassing en nuwe begin is dit nie vir ons!  13 Januarie 2013 was die laaste dag van my eerste lewe, en vanaf 14 Januarie 2013 het my tweede lewe begin.  Elke lid van ons gesin en familie het onherroeplik verander...Elke nuwe dag daag my ou raamwerke uit, die instituut se program vir Juneldè moet nou 'n manier van lewe word, soos 'n gesonde dieet en gereelde oefening.  Dit is iets wat ons 7 dae van die week gaan moet doen, want hierdie terapie is soos medikasie vir haar brein, waar elke dag tel.  Want elke dag wat sy nie beter is nie, is sy een dag agter haar gelykes.  En hierdie fenominale agterstand gaan slegs met intense, deurlopende, langdurige fokus weer ingehaal word.  Ek verstaan steeds nie hoekom hierdie die pad is wat die Here vir ons beskik het nie,  maar ek kan wel sien dat ons die geleenthied gegun word om oor elke klein vordering en vooruitgang dankbaar te wees.  Ons kry 'n tweede kans om die wonder van God se skepping in ons kind te waardeer, en 'n wonderwerk daagliks voor ons oë te sien ontvou sonder om enigiets as vanselfsprekend te aanvaar...Juis omdat ek nie die antwoorde het nie, vertrou ek my God onvoorwaardelik, want Hy is goed!

My diepste hartsbegeerte is dat Juneldè binnekort vir ons ook 'n brief gaan kan skryf soos Caulum.  En elke dag tot daardie dag asook daarna, sal ek haar die grootste geskenk gee wat ek as mamma kan, om intuitief te weet dat sy 'n genie is, 'n wonderwerk, dat sy potensiaal in haar opgesluit het wat selfs vir my sal verstom...En sal my lewensdoel wees om hierdie potensiaal te ontgin, sodat sy vir die wêreld 'n leermeester kan wees.  Soos wat sy alreeds tot nou toe vir ons almal was...




Ons is vlugvoos, Jet Lag, maar so gelukkig, ons drietjies weer bymekaar na twee laaaaaaang weke!

Die IAHP boekelys:

WHAT TO DO ABOUT
YOUR BRAIN-INJURED CHILD
Or Your Brain-damaged, Mentally Retarded, Mentally Deficient, Cerebral-palsied, Epileptic, Autistic, Athetoid, Hyperactive, Attention Deficit Disordered, Developmentally Delayed, Down’s Child
by Glenn Doman

HOW SMART IS YOUR BABY?
An Essential Guide to Measuring and Enriching
Your Baby’s First Year of Life
by Glenn Doman and Janet Doman

YOUR SMART BABY’S NEWBORN PROGRAM
The Essential Program for Measuring and
Enriching Your Baby’s First Year of Life
by Glenn Doman and Janet Doman

HOW TO TEACH YOUR BABY TO READ
40th Anniversary
by Glenn Doman and Janet Doman

HOW TO TEACH YOI1R BABY TO READ™ DVD

FIT BABY, SMART BABY, YOUR BABY
by Glenn Doman, Douglas Doman, and Bruce Hagy

HOW TO TEACH YOUR BABY TO SWIM
By Douglas Doman

1 comment:

  1. I believe in this little girl! I believe she will teach me amazing things...like she is already (as well as her dedicated and loving parents).

    I will see you next year...

    And yes!! Our children (as well as ourselves) are created with unlimited and infinite possibilities and potential, creating above average opportunities - let's seize those and discover the wonders beyond "normality".

    God's unlimited grace, blessings and miracle love to you all!!

    ReplyDelete